Jeremiah 15:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U woorde is gevind, en ek het dit geëet; en u woord was vir my 'n vreugde en blydskap van my hart, want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe U gepraat het, het ek noukeurig geluister. Ek het elke woord ingeneem. U woorde het my bly gemaak. Dit het my opgewonde gemaak om te weet dat ek aan U behoort, o Here, God, die Almagtige. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare! |
| Afrikaans 1983 | Ek het u woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my 'n vreugde; ek was bly daaroor dat u Naam oor my uitgeroep is, Here, almagtige God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe u woorde gevind is, het ek hulle verslind. U woorde was vir my 'n vreugde, 'n genot vir my hart. U Naam is immers oor my uitgeroep, Here, God van alle magte! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe U met my gepraat het, was u woorde vir my soos kos wat ek kon eet. Ek was bly, want Here, God wat oor alles regeer, U het gesê ek behoort aan U. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, toe U gepraat het, het ek mooi geluister en elke woord ingeneem. Wat ek gehoor het, het my baie bly gemaak. Here, U is sterker as alles en almal. Dit maak my opgewonde om te weet dat ek aan U behoort. |