Jeremiah 15:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal jou saam met jou vyande laat deurtrek na 'n land wat jy nie ken nie, want 'n vuur is aangesteek in my toorn wat oor jou sal brand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek laat jou vyande jou wegneem om as ballinge in ’n vreemde land te gaan leef. Want my woede brand soos ’n vuur en sal julle verteer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal jou jou vyande laat dien in 'n land wat jy nie ken nie; want 'n vuur is aangesteek in my toorn, oor julle sal dit brand. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal jou deur jou vyande laat wegvoer na 'n land toe wat jy nie ken nie. In my toorn sal daar 'n vuur losbreek, en dit sal jou brand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal jou 'n slaaf maak van jou vyande in 'n land wat jy nie ken nie; want 'n vuur, aangesteek in my toorn, sal telkens teen julle opvlam.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle vyande sal julle wegvat na 'n land wat julle nie ken nie. Ek sal dit laat gebeur, want Ek is kwaad vir julle en Ek wil julle straf. Dit sal wees soos 'n vuur wat brand.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal dat julle vyande julle wegvat na ’n land wat julle nie ken nie. My woede is so groot, dit is soos ’n vuur wat brand. Dit sal nooit ophou brand nie.” |