Jeremiah 15:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou besittings en jou skatte sal Ek verniet aan die buit gee, en dit vir al jou sondes, ook in jou hele grondgebied. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou rykdom en besittings sal Ek as buit vir die vyand gee oor al jou verkeerde dade. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jou rykdom en jou skatte sal Ek as buit gee, sonder betaling; en dit weens al jou sondes en in jou hele grondgebied. |
| Afrikaans 1983 | Ek laat ander jou rykdom, jou skatte vat, Israel, nie omdat Ek iets in ruil daarvoor kry nie maar omdat jy dwarsoor jou land gesondig het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Jou rykdom en skatte sal Ek as buit gee, nie vir geld nie, maar as die prys vir al jou sondes, en as die prys vir jou hele grondgebied. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle almal in julle hele land het sonde gedoen. Daarom gee Ek julle baie en duur goed verniet weg, die vyande kan dit vat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir die mense van Juda gesê: “Julle het oral in die land baie verkeerde dinge gedoen. Omdat dit so is, Israel, sal Ek al julle rykdom en julle besittings as buit vir julle vyand gee. |