Jeremiah 15:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het gesê: Voorwaar, dit sal goed gaan met jou oorblyfsel; voorwaar, Ek sal die vyand by jou goed laat smeek in die tyd van onheil en in die tyd van benoudheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het geantwoord: “Dit sal goed gaan met jou. In tye van nood en ellende sal jou vyande jou vra om vir hulle in te tree by My. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het gesê: Waarlik, Ek bevry jou ten goede; waarlik, Ek maak dat die vyand jou ootmoedig smeek in tyd van onheil en in tyd van benoudheid. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het belowe: Ek laat jou op die volk los, maar ten goede, Ek sal vir jou by jou vyande voorspraak doen in tyd van nood en rampe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het gesê: “Waarlik, Ek sal jou onversetlik maak tot jou beswil; waarlik, Ek sal vir jou by die vyand intree in tye van onheil en nood. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my gesê: “Dit is waar, maar Ek het jou hardkoppig gemaak, en dit was goed vir jou. Dit is waar, maar Ek het jou beskerm teen jou vyande toe dit sleg gegaan het met jou en toe jy swaargekry het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het geantwoord: “Dit sal met jou goed gaan, Jeremia. Jou vyande sal nog vir jou kom vra om namens hulle om hulp te smeek as moeilike en swaar tye kom. |