Jeremiah 15:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee my, my moeder, dat jy vir my 'n man van twis en 'n man van twis vir die hele aarde gebaar het! Ek het nie op woeker geleen nie, en mense het my nie op woeker geleen nie; tog vloek elkeen van hulle my.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wee my, Ma, dat u my in die wêreld gebring het. Deur die hele land baklei mense met my. Al het ek niks uitgeleen wat ek terugvra of by ander geleen wat ek nie wil teruggee nie, vervloek almal my.”
Afrikaans 1933/1953 Wee my, my moeder, dat u my gebaar het -- 'n man van twis en 'n man van stryd vir die hele land! Ek het nie uitgeleen nie, en hulle het nie aan my geleen nie; almal vloek my.
Afrikaans 1983 Ellende het my getref, Ma, toe Ma my in die wêreld gebring het. Ek is 'n man wat dwarsdeur die land mense moet beskuldig en met hulle moet twis. Ek het aan niemand iets geleen nie en by niemand geleen nie, tog vervloek almal my.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee my! Ag, my moeder, dat u my in die wêreld gebring het – 'n man wat aankla en stryd voer met die hele land! Ek het nie uitgeleen nie, en hulle het nie aan my geleen nie, maar almal vervloek my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, Jeremia, het gesê: “Ma, dit gaan sleg met my. Ek, jou kind, moet al die mense in die land beskuldig en vir hulle sê hulle het verkeerd gedoen. Ek het vir niemand geld geleen nie, en ek het by niemand geld geleen nie, maar almal wil hê ek moet sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het gesê: “Dit gaan sleg met my! Hoekom het Ma my ooit in die wêreld gebring? Ek is altyd aan die stry en baklei met almal in die land. Al het ek niks uitgeleen nie en al het ek niks by iemand anders geleen nie, wens almal my slegte dinge toe.”