Jeremiah 15:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir my: Al het Moses en Samuel voor my gestaan, tog kon my gedagtes nie op hierdie volk gerig wees nie; werp hulle weg van my aangesig en laat hulle uittrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het toe vir my gesê: “Selfs al sou Moses en Samuel voor My gestaan en vir hierdie mense gepleit het, sou Ek hulle nie jammer gekry het nie. Stuur hulle weg, Ek wil hulle nie sien nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die HERE het vir my gesê: Al staan Moses en Samuel voor my aangesig, my siel wil niks van hierdie volk weet nie; dryf hulle van my aangesig af weg, en laat hulle heengaan. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir my gesê: Al het Moses en Samuel self by My gepleit, sou Ek geen gevoel vir dié volk gehad het nie. Stuur hulle weg van my teenwoordigheid af, laat hulle gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir my gesê: “Al sou Moses en Samuel voor My staan, sou Ek niks vir hierdie volk voel nie. Stuur hulle weg uit my teenwoordigheid; laat hulle gaan! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my gesê: “As Moses en Samuel self vir My kom soebat, dan sal Ek nog nie tevrede voel met hierdie volk nie. Stuur die volk weg, Ek wil hulle nie sien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir my gesê: “Selfs al het Moses en Samuel voor My gestaan om hierdie mense se saak te stel, sou Ek hulle nie jammer gekry het nie. Raak ontslae van hulle, Ek wil hulle nie sien nie. |