Jeremiah 14:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarom sou jy wees soos 'n man wat verbaas is, soos 'n held wat nie kan red nie? tog is U, HERE, in ons midde, en u Naam is oor ons uitgeroep; los ons nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoekom tree U op soos iemand wat verward is, soos ’n soldaat wat ons nie kan help nie? Maar U, Here, is mos by ons. Ons is immers u volk. Moet ons tog nie aan ons lot oorlaat nie!”
Afrikaans 1933/1953 Waarom sou U wees soos 'n man wat verslae is, soos 'n held wat nie kan verlos nie? U is tog in ons midde, o HERE, en u Naam is oor ons uitgeroep. Verlaat ons nie!
Afrikaans 1983 Waarom sou U wees soos 'n man wat verskrik staan, soos 'n soldaat wat nie in staat is om te help nie? U is by ons, Here, ons behoort aan U, moet ons nie verlaat nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waarom is U soos iemand wat onkant gevang is, soos 'n held wat nie kan verlos nie? U is tog in ons midde, Here; U Naam is oor ons uitgeroep. Moet ons nie aan onsself oorlaat nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom is U soos 'n man wat niks kan doen nie, soos 'n soldaat wat nie iemand kan red nie? Here, U is by ons, en ons behoort aan U. U moenie weggaan van ons nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, hoekom tree U op soos iemand wat ’n bietjie deurmekaar is? Hoekom maak U asof U ons nie kan help nie? U is mos by ons en ons is mos u eie mense, ons behoort aan U. Moet ons tog nie nou in die steek laat nie!”