Jeremiah 14:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O, die hoop van Israel, sy redder in tyd van benoudheid, waarom sou jy wees soos 'n vreemdeling in die land en soos 'n reisiger wat afwyk om vir 'n nag te vertoef?
Afrikaans (NLV) 2011 U is Israel se enigste hoop, ons Verlosser in krisistye! Hoekom is U ’n vreemdeling vir ons? Hoekom is U soos iemand wat reis deur die land en net ’n nag oorslaap?
Afrikaans 1933/1953 o Verwagting van Israel, sy Verlosser in tyd van benoudheid! Waarom sou U wees soos 'n vreemdeling in die land en soos 'n reisiger wat uitdraai om te vernag?
Afrikaans 1983 Hoop van Israel, Redder in tyd van nood, waarom sou U wees soos 'n vreemdeling in die land, soos 'n reisiger wat net 'n nag oorbly?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoop van Israel, sy Verlosser in tyd van nood, waarom is U soos 'n vreemdeling in die land, soos 'n reisiger wat net afdraai om te oornag?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U is die Hoop van Israel, sy Redder wanneer dit sleg gaan. Hoekom is U soos 'n vreemdeling in die land, soos iemand wat verbygaan en net van die pad afgaan om een nag daar te slaap?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, U is Israel se enigste hoop. As ’n krisis opduik, help U u mense uit die moeilikheid. Hoekom is U soos ’n vreemdeling vir ons? Hoekom is U soos iemand wat op reis is deur die land en net een nag oorslaap?