Jeremiah 14:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O HERE, al getuig ons ongeregtighede teen ons, doen dit ter wille van u Naam; want ons afkerighede is baie; ons het teen U gesondig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Here, ons sondes het ons nou ingehaal. Help ons ter wille van u eie reputasie. Ons het baie keer teen U gesondig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoewel ons ongeregtighede teen ons getuig, o HERE, doen dit om u Naam ontwil; want ons afkerighede is baie, ons het teen U gesondig. |
| Afrikaans 1983 | As ons sondes teen ons getuig, Here, tree tog op ter wille van u Naam. Ons het so baie keer van U af weggedraai, ons het teen U gesondig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Al getuig ons sondeskuld teen ons, Here, tree op ter wille van u Naam! Ja, ons afvalligheid is erg; teen U het ons gesondig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, ons sonde praat teen ons, en U moet met ons doen wat U besluit, want U is die Here. Ons het baie maal opgehou om U te dien, ons het teen U sonde gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense het gereageer en gesê: “Here, al die verkeerde dinge wat ons gedoen het, het ons nou ingehaal. Ons het nie reg teenoor U gedoen nie. Ons was al soveel keer dislojaal teenoor U. Maar al is dit so, Here, help ons ter wille van u eie reputasie. |