Jeremiah 14:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wilde-esels het op die hoogtes gestaan, hulle het die wind opgedoof soos jakkalse; hulle oë het misluk, want daar was geen gras nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die wildedonkies staan op die kaal bulte en snuif die lug soos jakkalse wat dors is. Hulle oë verdof, want daar is nie gras om te eet nie.”
Afrikaans 1933/1953 En wilde-esels staan op die kaal heuwels, hulle snuif die wind op soos die jakkalse; hulle oë versmag, omdat daar geen gras is nie.
Afrikaans 1983 Wildedonkies staan op die kaal heuwels en snuif die wind net soos jakkalse; hulle oë raak dof, want daar is nie meer gras nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wildedonkies staan op die kaal hoogtes; hulle snuif die lug soos jakkalse. Hulle oë raak dof, want daar is geen veldplante nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wildedonkies staan op die heuwels waar daar nie plante groei nie, en hulle ruik die lug soos jakkalse. Hulle oë is dof, want daar is nie gras nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die wildedonkies staan op die kaal bulte en snuif die lug soos die jakkalse maak as hulle dors is. Van die honger raak hulle oë dof, want daar is niks meer gras om te eet nie.”