Jeremiah 14:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat die grond kapot is, want daar was geen reën op die aarde nie, was die ploegwerkers beskaamd, hulle het hul koppe bedek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat dit nie gereën het nie, bars die grond. Die boere is ontsteld en maak hulle koppe toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Weens die land wat verslae is, omdat daar geen reën op die aarde is nie, kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof. |
| Afrikaans 1983 | In die hele land het daar geen reën geval nie. Omdat die grond niks oplewer nie, is die boere moedeloos, hulle koppe hang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vanweë die grond, wat uitmekaar bars omdat dit nie gereën het nie, staan die landbouers beskaamd; hulle bedek hulle koppe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koringplante lê plat op die grond, want dit het nie gereën op die land nie. Die boere weet nie wat om te doen nie, hulle is moedeloos. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat dit nie gereën het nie, het die grond van die droogte gebars. Die boere het van pure moedeloosheid met hulle hande in die hare gesit. |