Jeremiah 14:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle edeles het hulle kindertjies na die waters gestuur; hulle het by die kuile gekom en geen water gekry nie; hulle het teruggekeer met hul kanne leeg; hulle was beskaamd en beskaamd en het hul hoofde bedek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vername mense stuur hulle diensknegte om water te gaan haal, maar die putte is droog. Hulle kom met leë houers terug. Hulle maak hulle koppe toe, dronkgeslaan en moedeloos.
Afrikaans 1933/1953 En die vernames onder hulle stuur hulle ondergeskiktes na die water; hulle kom by die bakke, hulle kry geen water nie; leeg kom hulle kanne terug; hulle het beskaamd gestaan en in die skande gekom en bedek hulle hoof.
Afrikaans 1983 Die vername mense stuur hulle slawe om water te gaan haal. Dié kom by die putte, maar kry geen water nie; hulle bring hulle kruike leeg terug. Hulle is verslae en verleë, hulle koppe hang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle vername mense stuur hulle onderhoriges om water te gaan haal. Hulle kom by die kuile, maar kry geen water nie; hulle kom terug met leë houers; hulle staan beskaamd en voel verneder; hulle bedek hulle koppe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die belangrike mense stuur die mense wat vir hulle werk, om water te gaan haal, hulle kom by die watergate, maar hulle kry nie water nie, hulle kruike is leeg wanneer hulle terugkom, hulle weet nie wat om te sê of te doen nie, hulle is moedeloos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die stad se belangrike mense stuur hulle werkers om te gaan water haal, maar die putte is droog. Hulle kom met leë houers van die putte af terug. Dronkgeslaan en moedeloos oor wat aan die gang is, het hulle hulle kop toegemaak.