Jeremiah 14:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is daar iemand onder die nietighede van die heidene wat reën kan veroorsaak? of kan die hemel reën gee? Is dit nie U nie, HERE onse God? daarom sal ons op U wag, want U het al hierdie dinge gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Kan enige van die vreemde afgode vir ons reën gee? Val die reën sommer vanself uit die hemel? Nee, dit kom van U af, Here, ons God! Dit is net U wat sulke dinge kan doen. Ons sal wag tot U ons help.
Afrikaans 1933/1953 Is daar onder die nietige afgode van die nasies wat reën kan maak? Of kan die hemel reënbuie gee? Is U dit nie, o HERE onse God? En ons wag op U, want U doen al hierdie dinge.
Afrikaans 1983 Is daar onder die nikswerd gode van die nasies een wat laat reën, wat die hemel sy reën kan laat gee? Is dit nie U wat dit doen nie, Here ons God? Ons vertrou op U, want dit is U wat al hierdie dinge doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is daar onder die nietige afgode van die nasies enige een wat kan laat reën? Of kan die hemel vanself stortreëns gee? Is dit nie U nie, Here ons God? Ons wag op U, want U is die een wat dit alles gemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nie een van die gode van die volke kan dit laat reën nie, die gode beteken niks, en die lug kan nie self reën laat val nie. Net U kan dit doen, Here, ons God, en ons wag dat U dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kan enige van die danige afgode van die nasies vir ons reën gee? Laat die hemel sommer self reën op die aarde val? Nee, dit kom van U af, o Here, ons God. Dit is net U wat sulke dinge kan doen. Ons sal met afwagting bly hoop dat U ons sal help.