Jeremiah 14:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moenie van ons afsku nie, ter wille van u Naam, moenie die troon van u heerlikheid in skande bring nie; onthou, verbreek nie u verbond met ons nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek vra dat U, ter wille van Uself, ons nie sal verwerp nie. Moenie dat daar skade kom aan u roemryke troon nie. Moenie u verbond met ons verbreek nie. Moenie ons vergeet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verwerp ons nie ter wille van u Naam; onteer die troon van u heerlikheid nie; hou tog in gedagtenis, verbreek nie u verbond met ons nie. |
| Afrikaans 1983 | Ter wille van u Naam, Here, moet ons tog nie verwerp nie. Moenie dat die plek waar u magtige teenwoordigheid regeer, verag word nie. Dink aan u verbond met ons, moet dit tog nie prysgee nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet ons nie verstoot nie, ter wille van u Naam; moenie u heerlike troon ontwy nie! Onthou tog – moenie u verbond met ons verbreek nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet ons nie los nie, want U is die Here. U is op hierdie plek Koning, U moenie dat mense nie meer hierdie plek eer nie. U moet onthou U het 'n verbond gemaak met ons, U moenie die verbond breek nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek vra dat U ook ter wille van Uself ons nie van U af sal wegstoot nie. Jerusalem is u blyplek wat baie spesiaal is. Moenie dat daar skade aan die stad gedoen word nie. U is ons God en ons is u mense. Moenie die ooreenkoms tussen U en ons verbreek nie. |