Jeremiah 14:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Juda treur, en sy poorte kwyn; hulle is swart tot op die grond; en die geroep van Jerusalem het opgegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Juda verdor, sy besighede speel bankrot. Sy mense rou oor die land, en uit Jerusalem klink ’n hulpgeroep. |
| Afrikaans 1933/1953 | Juda treur en sy poorte verval; hulle sit in rou op die grond, en die geskreeu van Jerusalem gaan op. |
| Afrikaans 1983 | Juda verdor, sy stede versmag, sy mense sit in rouklere op die grond, die hulpgeroep van Jerusalem weerklink. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Juda treur, en sy poorte kwyn weg; die mense sit in rouklere op die grond, 'n gejammer styg van Jerusalem af op. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Juda rou, almal in die poorte van die stede huil en treur, hulle dra rouklere en hulle sit op die grond. Die mense van Jerusalem skree en vra iemand moet hulle help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die mense van Juda treur. In die stad gaan daar feitlik niks aan as dit by besigheid kom nie. Die mense sit op die grond om te wys dat hulle rou. In Jerusalem hoor jy mense wat om hulp roep. |