Jeremiah 14:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Het jy Juda heeltemal verwerp? het jou siel Sion gehaat? waarom het U ons geslaan, en daar is geen genesing vir ons nie? ons het vrede verwag, en daar is geen goed nie; en vir die tyd van genesing, en kyk, benoudheid!
Afrikaans (NLV) 2011 Het U Juda nou totaal verwerp? Haat U werklik vir Jerusalem? Waarom het U ons so verwond dat niemand ons gesond kan maak nie? Ons het vrede verwag, maar daar was geen vrede nie. Ons het gehoop op genesing, maar verskrikking het gekom.
Afrikaans 1933/1953 Het U Juda dan heeltemal verwerp? Of het u siel 'n afsku van Sion? Waarom het U ons geslaan, sodat daar geen genesing vir ons is nie? Hulle wag op vrede, maar daar is niks goeds nie; en op 'n tyd van beterskap, maar daar is verskrikking.
Afrikaans 1983 Het U Juda dan heeltemal verwerp? Walg U vir Sion? Waarom het U ons getref sonder dat iemand ons genees? Waarom wag ons dat alles regkom, maar dit gaan nie goed nie, wag ons op 'n tyd van verbetering, maar daar is net rede tot skrik?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Het U Juda dan heeltemal verwerp? Of het U 'n hartgrondige afkeer in Sion? Waarom het U ons geslaan sonder dat daar vir ons genesing is? Ons het gehoop op vrede, maar daar was niks goeds nie, op 'n tyd van herstel, maar kyk, daar is net verskrikking.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, het U waarlik vir Juda gelos? Haat U vir Sion? Hoekom het U ons so hard geslaan dat ons nie gesond kan word nie? Wanneer ons dink daar sal vrede wees, dan kom daar niks wat goed is nie. Wanneer ons dink ons sal gesond word, dan gebeur daar dinge wat ons nog banger maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, wil U nou heeltemal niks met Juda te doen hê nie? Haat U die mense van Jerusalem? Waarom het U ons so erg gewond dat niemand ons gesond kan maak nie? Ons het so gehoop dat alles weer rustig en voorspoedig sou gaan, maar daar het niks van gekom nie. Ons het gehoop dat daar vir ons kans sou wees om weer reg te kom, maar in plaas daarvan het verskriklike dinge met ons gebeur.