Jeremiah 14:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ek uitgaan in die veld, kyk dan na die wat deur die swaard verslaan is! en as ek in die stad ingaan, kyk dan na die wat siek is van hongersnood! ja, die profeet sowel as die priester trek rond na 'n land wat hulle nie ken nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ek in die veld kom, sien ek oral mense lê wat gewelddadig gesterf het. Al wat ek sien as ek in die strate van die stad loop, is mense wat van honger gesterf het. Die profete en priesters gaan aan met hulle werk, maar hulle weet nie wat hulle doen nie.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | As ek uitgaan in die veld, lê daar die wat verslaan is deur die swaard; en as ek kom in die stad, is daar die kwale van die hongersnood. Ja, selfs profeet en priester trek rond in die land sonder om iets te weet. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer ek uitgaan na die veld toe, lê die lyke daar van dié wat met die swaard doodgemaak is; wanneer ek in die stad kom, lê daar die slagoffers van die hongersnood. Profeet en priester trek in die land rond sonder dat hulle weet wat om te sê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As ek uitgaan na die veld – daar is die gesneuweldes deur die swaard! As ek die stad binnegaan – daar is die lyding van die hongersnood! Want sowel die profete as die priesters swerf rond in 'n land wat hulle nie ken nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ek uitgaan in die veld, dan sal die dooie liggame daar lê, die liggame van mense wat in oorlog gesterf het. En wanneer ek in die stad kom, dan sal ek sien hoe sterf die mense omdat hulle nie kos het om te eet nie. Ja, ook die profete en die priesters sal moet weggaan na 'n land wat hulle nie ken nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek in die veld kom, sien ek oral net lyke lê. Hulle is afgemaai deur die vyand. Loop ek in die strate van die stad, is al wat ek sien, mense wat van die honger dood is. Die sogenaamde boodskappers van die Here en die priesters gaan oral in die land aan met hulle werk, maar hulle weet nie regtig wat hulle doen nie.” |