Jeremiah 14:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom moet jy hierdie woord aan hulle sê; Laat my oë dag en nag met trane loop, en laat dit nie ophou nie, want die maagd, dogter van my volk, is gebreek met 'n groot skeur, met 'n baie harde slag.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jeremia, sê vir hulle: ‘Dag en nag loop trane uit my oë. Ek kan nie ophou huil nie. Want my volk is soos ’n jong meisie wat swaar gewond is en besig is om dood te bloei.
Afrikaans 1933/1953 Sê aan hulle dan hierdie woord: Laat my oë afloop in trane nag en dag en nie ophou nie; want die jonkvrou, die dogter van my volk, is gebreek met 'n groot verbreking, met 'n baie smartlike wond.
Afrikaans 1983 Sê vir hulle dit: Dag en nag, sonder ophou, vloei die trane uit my oë; my volk ly aan sy wonde, hy is swaar getref.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy moet vir hulle hierdie woorde sê, ‘My oë moet dag en nag vloei met trane, en nie tot rus kom nie; want deur 'n groot ineenstorting is sy gebreek – die jongvrou, die dogter van my volk – deur 'n uiters pynlike wond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy, Jeremia, jy moet vir hulle dít sê: “ ‘Ek sal aanhou huil, elke dag en nag, want my volk het baie seer gekry, hulle kry baie swaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jeremia, vertel vir hulle wat jy voel oor wat gebeur. Sê vir hulle: Dag en nag loop die trane uit my oë. Ek kan nie ophou huil nie. My volk wat soos ’n jongmeisie is, is swaar gewond en besig om dood te gaan.