Jeremiah 14:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die volk vir wie hulle profeteer, sal op die strate van Jerusalem weggegooi word vanweë die hongersnood en die swaard; en hulle sal hulle nie hê om hulle te begrawe nie, hulle, hulle vroue of hulle seuns of hulle dogters; want Ek sal hulle boosheid oor hulle uitstort.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense vir wie hulle profeteer, se lyke sal oral in die strate van Jerusalem lê. Mans, vroue en kinders sal slagoffers wees van hongersnood of van oorlog. Niemand sal oorleef om hulle te begrawe nie. Ek bring hulle eie oortredings oor hulle.
Afrikaans 1933/1953 En die volk vir wie hulle profeteer, sal in die strate van Jerusalem weggegooi lê vanweë die hongersnood en die swaard sonder dat iemand hulle begrawe; hulle, hulle vrouens en hulle seuns en hulle dogters. So sal Ek dan hulle boosheid oor hulle uitstort.
Afrikaans 1983 Die volk vir wie hulle as profete opgetree het, sal in die strate van Jerusalem weggegooi lê, slagoffers van hongersnood en oorlog. Niemand sal hulle, hulle vrouens, hulle seuns of hulle dogters begrawe nie. Ek sal die kwaad wat hulle gedoen het, op hulle eie koppe laat afkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volk vir wie hulle profeteer, sal in die strate van Jerusalem weggegooi word deur hongersnood en die swaard. Maar daar sal niemand wees wat hulle begrawe nie. Dit geld vir hulle, hulle vroue, hulle seuns en dogters. Ek sal hulle eie boosheid oor hulle uitstort.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En hulle probeer om profete vir mense te wees, maar daardie mense se dooie liggame sal op die strate van Jerusalem lê. Hulle en hulle vroue en hulle kinders sal sterf in oorlog en omdat hulle nie kos het om te eet nie. Niemand sal hulle begrawe nie. Ek sal hulle straf oor die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense vir wie hierdie valse profete gelieg het, sal oral in die strate van Jerusalem dood lê. Mans, vroue en kinders sal die slagoffers wees van hongersnood of oorlog. Daar sal niemand oor wees om hulle te begrawe nie. Hulle moet self die skuld dra dat dit met hulle gebeur het, want hulle het slegte goed gedoen.