Jeremiah 14:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE aangaande die profete wat in my Naam profeteer, en Ek het hulle nie gestuur nie, maar hulle sê: Daar sal geen swaard en hongersnood in hierdie land wees nie; Deur swaard en hongersnood sal daardie profete verteer word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sê die Here oor die profete: Ek sal die profete wat kamtig namens My praat, straf. Ek het hulle nie gestuur nie. Hulle sê mos dat daar nie oorlog of hongersnood in hierdie land sal kom nie. Hulle sal egter self in oorlog of van honger doodgaan! |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so spreek die HERE: Aangaande die profete wat profeteer in my Naam sonder dat Ek hulle gestuur het, en wat sê: Daar sal geen swaard of hongersnood in hierdie land wees nie -- die profete sal deur die swaard en die hongersnood omkom. |
| Afrikaans 1983 | Daarom sê Ek oor die profete wat in my Naam optree sonder dat Ek hulle gestuur het, wat beweer daar sal nie oorlog of hongersnood in hierdie land kom nie: Daardie profete sal deur oorlog en hongersnood aan hulle einde kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so sê die Here oor die profete wat in my Naam profeteer, terwyl Ek hulle nie gestuur het nie, hulle wat aanhou sê dat die swaard en hongersnood nie in hierdie land sal kom nie, ‘Deur die swaard en hongersnood sal daardie profete omkom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom, hierdie profete sê Ek het hulle gestuur en daar sal nie oorlog en honger in hierdie land kom nie. Maar hulle sal self sterf in oorlog en omdat hulle nie kos het om te eet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sê die Here oor hierdie profete: “Ek sal hierdie mense straf omdat hulle namens My praat en beweer dat daar nie oorlog of hongersnood in hierdie land sal kom nie. Hulle sal self in ’n oorlog sterf of van die honger doodgaan. |