Jeremiah 14:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê ek: Ag, HERE HERE! kyk, die profete sê vir hulle: Julle sal die swaard nie sien nie, en julle sal geen hongersnood hê nie; maar Ek sal jou versekerde vrede gee in hierdie plek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar toe sê ek: “Oppermagtige Here, hulle profete sê vir hulle: ‘Julle sal nie oorlog of hongersnood beleef nie. Die Here sal verseker vir julle vrede bring.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê ek: Ag, Here HERE, kyk, die profete sê vir hulle: Julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie; maar Ek sal julle 'n duursame vrede gee in hierdie plek. |
| Afrikaans 1983 | Maar ek het gesê: Ag, Here my God, die profete sê dan vir hulle hulle sal geen oorlog of hongersnood beleef nie en dat U sê: Ek sal vir julle blywende voorspoed gee in hierdie land. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het ek gesê: “Ag, Here, my Heer, kyk, die profete sê vir hulle, ‘Julle sal geen swaard sien nie, en geen hongersnood lê vir julle voor nie, maar voortdurende vrede gee Ek vir julle op hierdie plek.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek, Jeremia, het gesê: “Ag, Here, my Here, hoor wat sê die profete vir hulle. Hulle sê U sê: ‘Julle moenie bang wees vir oorlog of vir honger nie, dit sal nie met julle gebeur nie. Ek sal dit altyd goed laat gaan met julle in hierdie land.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar toe sê ek: “Here, daar is niemand wat so magtig soos U is nie. Hulle profete wat ook sê dat U hulle gestuur het, sê vir hulle: ‘Dit gaan goed. Moenie julle steur aan praatjies oor oorlog of hongersnood nie. Die Here sal sorg dat dit bly goed gaan in die land.’” |