Jeremiah 14:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As hulle vas, sal Ek hulle geroep nie hoor nie; en as hulle brandoffer en spysoffer bring, sal Ek hulle nie behaag nie; maar Ek sal hulle verteer deur die swaard en die hongersnood en die pes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs al vas hulle, sal Ek My nie aan hulle geroep steur nie. En al bring hulle ook brandoffers en graanoffers vir My, sal Ek dit nie aanvaar nie. Ek sal met hulle klaarspeel deur oorloë, hongersnood en siekte op hulle pad te bring.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As hulle vas, luister Ek nie na hulle gesmeek nie; en as hulle brandoffer en spysoffer bring, het Ek in hulle geen behae nie; maar deur die swaard en die hongersnood en die pes maak Ek hulle tot niet. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer hulle vas, sal Ek nie na hulle gesmeek luister nie; as hulle brandoffers en graanoffers bring, maak dit die volk nie vir My aanvaarbaar nie, want Ek sal met oorlog, met hongersnood en met pes 'n einde aan hulle maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer hulle vas, luister Ek nie na hulle klaagroep nie; en wanneer hulle •brandoffers en •graanoffers bring, aanvaar Ek hulle nie. Maar met die swaard, hongersnood en pessiekte sal Ek 'n einde aan hulle maak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want wanneer hulle vas, dan sal Ek nie luister hoe hulle soebat nie. En wanneer hulle brand-offers en koring-offers bring, dan sal Ek dit nie neem nie. Nee, Ek sal hulle laat sterf in oorlog en van pes en omdat hulle nie kos het om te eet nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al bly hulle ook sonder kos ter wille van My, sal Ek My nie aan hulle steur nie. En al bring hulle ook allerhande soorte offers vir My, sal Ek dit nie aanvaar nie. Ek sal met hulle klaarspeel deur oorloë, hongersnood en siekte op hulle pad te bring.” |