Jeremiah 14:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE aan hierdie volk: So het hulle daarvan gehou om te dwaal, hulle het hul voete nie teruggehou nie, daarom het die HERE geen welbehae in hulle nie; Hy sal nou aan hulle ongeregtigheid dink en hulle sondes besoek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het sy volk soos volg geantwoord: “Julle hou mos daarvan om van My af te dwaal. Daarom aanvaar Ek julle nie meer as my volk nie. Ek sal nou al julle boosheid onthou en julle straf vir julle sondes.”
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE van hierdie volk: So het hulle daarvan gehou om te swerwe, hulle het hul voete nie teruggehou nie; daarom het die HERE geen behae in hulle nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en hulle sondes besoek.
Afrikaans 1983 So sê die Here vir hierdie volk: Hulle is lief om van My af weg te dwaal, hulle het hulle nie daarvan weerhou nie. Daarom is Ek, die Here, hulle nie meer goedgesind nie. Ek sal hulle nou hulle sonde toereken en rekenskap van hulle eis vir hulle oortredings.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here oor hierdie volk: “Hulle is tog so lief om af te dwaal, hulle hou nie hulle voete in bedwang nie; die Here aanvaar hulle nie. Nou gaan Hy hulle sondeskuld in herinnering roep, en Hy gaan rekenskap oor hulle sondes eis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê vir hierdie volk dit is waar wat hulle sê, maar hulle hou daarvan om weg te loop van Hom, en hulle het aangehou om dit te doen. Daarom hou Hy nie meer van hulle nie. Hy sal onthou dat hulle verkeerd gedoen het en Hy sal hulle straf oor hulle sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het sy volk geantwoord en gesê: “Julle het daarvan gehou om van My af te dwaal. Julle kon julleself nie in toom hou nie. Daarom dink Ek nie langer aan julle as my mense nie. Ek sal al die slegte dinge wat julle gedoen het, onthou. Ek sal julle straf vir al die dinge wat julle verkeerd gedoen het.”