Jeremiah 13:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek na die Eufraat gegaan en gegrawe en die gordel geneem van die plek waar ek dit weggesteek het; en kyk, die gordel was beskadig, dit was verniet nuttig.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe teruggegaan na die Eufraatrivier toe. Ek het die linnegordel uit die plek gehaal waar ek dit weggesteek het. Maar die lap het al stukkend geword en dit was onbruikbaar.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het ek na die Eufraat gegaan en gegrawe en die gord geneem van die plek af waar ek dit weggesteek het; en kyk, die gord het bederf, dit was waardeloos.
Afrikaans 1983 Ek het toe na die Eufraat toe gegaan, daar gegrawe en die gordel uitgehaal uit die plek waar ek hom weggesteek het. Maar die gordel het begin vergaan en was nutteloos.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het toe na die Perat gegaan, gegrawe en die lendedoek uit die plek gehaal waar ek dit weggesteek het. En kyk, die lendedoek het tot niet gegaan; dit het vir niks meer gedeug nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het na die Fara-vallei gegaan en ek het gegrawe en die linne-skort uitgehaal uit die plek waar ek dit weggesteek het. Ek het gesien dit is vrot, 'n mens kan dit nie meer gebruik nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe teruggegaan na die Eufraat. Toe ek daar kom, het ek die lap uit die skeur in die rots gehaal waar ek dit weggesteek het. Maar die lap het al begin stukkend gaan. ’n Mens sou dit nie meer kon gebruik nie.