Jeremiah 13:27 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het jou owerspel gesien en jou gesukkel, die skandelike daad van jou hoerery en jou gruwels op die heuwels in die veld. Wee jou, Jerusalem! sal jy nie gereinig word nie? wanneer sal dit eenmaal wees?
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het gesien hoe julle die afgode in die veld en op hoogtes dien. Ek het ook al die skandelike dinge gesien wat julle gedoen het om hulle guns te wen. Jerusalem, jy sal sekerlik tot niet gaan! Hoe lank sal dit neem voordat jy eendag weer vir My aanvaarbaar sal wees?”
Afrikaans 1933/1953 Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery -- op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
Afrikaans 1983 jou owerspel, jou wellus, jou skandelike hoerery. Op die heuwels, in die oop veld het Ek jou afskuwelike dade gesien. Ellende wag vir jou, Jerusalem, as jy jou nie reinig nie! Hoe lank gaan dit nog so bly?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) O, jou owerspel, jou gerunnik, jou skandalige hoerery! Op die heuwels in die veld, het Ek jou verfoeilike dade gesien. Wee jou, Jerusalem! Jy sal nie rein word nie. Hoe lank sal dit nog duur?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het gesien hoe julle die afgode in die veld en op die hoogtes dien. Ek het ook al die skandelike dinge gesien wat julle gedoen het om hulle guns te wen. Mense van Jerusalem, julle kan dit vir seker weet, julle gaan nog baie swaarkry! Hoe lank sal dit vat voordat julle eendag weer vir My aanvaarbaar sal wees?”