Jeremiah 13:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal Ek jou rokke op jou aangesig ontdek, sodat jou skande kan verskyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal julle verneder soos iemand wat kaal staan voor ander mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Ek dan ook jou slippe opgetel oor jou aangesig, sodat jou skande gesien word. |
| Afrikaans 1983 | Ook Ek sal jou kaal uittrek, sodat jou skandelike naaktheid bekend word, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, op my beurt sal Ek jou kleed se some oplig tot oor jou gesig, sodat jou skaamte gesien word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [26-27] Julle het afgode gedien op die heuwels in die veld. Ek het gesien watter slegte dinge julle gedoen het. Julle was soos vroue wat egbreuk gepleeg het en prostitute geword het. Daarom sal Ek julle straf soos 'n mens hierdie vroue straf, Ek sal julle kaal uittrek sodat almal kan weet julle is sleg. Mense van Jerusalem, dit sal sleg gaan met julle. Julle sal nie weer rein kan word nie. Hoe lank sal julle so aanhou? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal julle verneder soos ’n mens iemand kaal laat staan voor ander mense. |