Jeremiah 13:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is jou lot, die deel van jou mate van My af, spreek die HERE; want jy het My vergeet en op leuens vertrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat Ek besluit het wat met julle moet gebeur,” sê die Here. “Dit is die deel wat Ek vir julle afgemeet het, want julle het My mos vergeet en op valse gode vertrou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet het, spreek die HERE, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het. |
| Afrikaans 1983 | Dit is jou lot, jou deel wat Ek vir jou afgemeet het, sê die Here, vir jou wat My vergeet het, wat op leuens vertrou het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is jou lot, die deel wat Ek vir jou afgemeet het,” is die uitspraak van die Here, “omdat jy My vergeet het en op leuens vertrou het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal met julle gebeur, dit is wat Ek met julle sal doen, want julle het My vergeet. Julle het gedink dinge wat niks beteken nie, sal julle help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is wat Ek besluit het wat met julle moet gebeur,” sê die Here. “Dit is wat julle verdien, want julle het so gelewe asof julle vergeet het dat Ek bestaan. Om afgode te dien is om julleself te bedrieg. Hulle is net ’n bedrogspul. En tog het julle verkies om hulle te vertrou en nie vir My nie. |