Jeremiah 13:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal Ek hulle verstrooi soos die stoppels wat verbygaan deur die wind van die woestyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sal julle verstrooi net soos die wind wat uit die woestyn waai die kaf uit die koring oral versprei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal Ek hulle verstrooi soos 'n stoppel wat verbyvlieg voor die wind van die woestyn. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal julle verstrooi soos kaf wat verbywaai in die woestynwind. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ek sal julle verstrooi soos kaf wat weggewaai word deur 'n woestynwind. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal julle na al die kante toe jaag. Dit sal wees soos wanneer die woestynwind kaf wegwaai. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Ek sal julle oraloor waai, net soos die wind wat uit die woestyn waai die kaf uit die koring oral versprei. |