Jeremiah 13:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kan die Kusiet sy vel verander, of die luiperd sy vlekke? dan mag julle ook goed doen, wat gewoond is om kwaad te doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Kan Etiopiërs die kleur van hulle velle verander? Kan ’n luiperd sy kolle laat verdwyn? Dink julle miskien dat julle skielik kan begin goeie dinge doen nadat julle gewoond was om kwaad te doen?
Afrikaans 1933/1953 Kan 'n Kusiet sy vel verander of 'n luiperd sy vlekke? Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat gewend is om kwaad te doen.
Afrikaans 1983 Kan 'n Kussiet sy vel verander of 'n luiperd sy vlekke? Sou julle kon doen wat goed is, julle wat so gewoond is aan die kwaad?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kan 'n Kussiet sy velkleur verander of 'n luiperd sy vlekke? Dan sou ook julle in staat wees om goed te doen, julle wat gewoond is om kwaad te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Kussiet is swart en 'n luiperd het kolle, hulle kan dit nie verander nie. Net so kan julle nie verander nie, julle kan nie goed doen nie, want julle het te lank verkeerde dinge gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “’n Mens wat ’n donker vel het, kan dit nie verander nie. Net so kan ’n luiperd ook nie sy kolle verander nie. Dink julle miskien dat julle skielik goeie dinge kan begin doen nadat julle so lank reeds daaraan gewoond was om verkeerde goed te doen?”