Jeremiah 13:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as jy in jou hart sê: Waarom kom hierdie dinge oor my? Want die grootheid van jou ongeregtigheid is jou mantels ontdek en jou hakskene ontbloot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle vra dalk hoekom al hierdie dinge met julle gebeur. Die vyand verneder julle en verkrag julle oor julle baie sondes. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy dan in jou hart sê: Waarom het hierdie dinge my oorgekom? Weens die grootheid van jou ongeregtigheid is jou slippe opgetel, het jou hakskene gely onder geweld. |
| Afrikaans 1983 | Jy vra jou af: “Waarom het dit my oorgekom?” Jy word kaal uitgetrek en verkrag oor jou baie oortredings. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal in jou hart sê: Waarom het hierdie dinge my oorgekom? Dit is oor jou groot sondeskuld dat jou kleed se some opgelig, jou hakskene geweld aangedoen is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle vra vir julleself hoekom dit met julle gebeur het. Dit is omdat julle baie sonde gedoen het. Julle is soos vroue, die vyande tel hulle rokke op en verkrag hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle wonder seker hoekom al hierdie dinge met julle gebeur. Die antwoord is: Julle word soos ’n vrou deur die vyand misbruik en verneder omdat julle so baie dinge verkeerd doen. |