Jeremiah 13:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat sal jy sê as hy jou straf? want jy het hulle geleer om owerstes en as owerstes oor jou te wees; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe sal julle voel as Hy die mense wat vroeër julle bondgenote was, nou toelaat om oor julle te heers? Julle sal krul van pyn soos ’n vrou wat geboorte gee! |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat sal jy sê wanneer Hy as hoof oor jou aanstel diegene wat jy self geleer het om jou vertroude vriende te wees? Sal weë jou nie aangryp soos van 'n barende vrou nie? |
| Afrikaans 1983 | Wat sal jy sê as Ek mense oor jou aanstel wat jy geleer het, as mense wat jy as bondgenote beskou het, oor jou regeer? Sal dit nie vir jou net so pynlik wees soos vir 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat sal jy sê as die vyand mense oor jou aanstel wat jy self geleer het – stamhoofde as gesagvoerders oor jou? Sal pyne jou nie beetpak soos vir 'n vrou wat geboorte gee nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wat sal julle sê wanneer die vyande mense kies en aanstel oor julle? Julle het self vir die mense geleer, wat sal julle sê as hulle nou oor júlle regeer? Julle sal skielik pyne kry soos 'n vrou wat 'n baba kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe sal julle voel as Ek die mense wat vroeër julle vriende en bondgenote was, nou toelaat om julle te oorheers? Julle sal van pyn krul soos ’n vrou wat geboorte gee! |