Jeremiah 13:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Slaan jou oë op en kyk na die wat uit die noorde kom: waar is die kleinvee wat aan jou gegee is, jou pragtige kudde? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sien julle vyand uit die noorde aankom. Wat het geword van die pragtige kudde wat Hy vir julle gegee het om op te pas? |
| Afrikaans 1933/1953 | Hef jou oë op, en aanskou die wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige trop kleinvee? |
| Afrikaans 1983 | Kyk op, Jerusalem, kyk hoe kom hulle van die noorde af! Waar is die kudde wat aan jou toevertrou is, die kleinvee wat jou trots was? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk goed, Jerusalem! Sien hulle wat uit die noorde kom raak! Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige kleinvee? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van Jerusalem, julle moet kyk, julle sal sien dat die vyande uit die noorde kom. Waar is die mense van Juda nou? Julle moes die mense oppas soos 'n herder sy trop mooi skape en bokke oppas. Waar is daardie mense nou? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jerusalem, maak julle oë oop, dan sal julle die vyand uit die noorde sien aankom. Wat het van Juda se inwoners geword? Jy was tog so trots op hulle. Was jy nie veronderstel om mooi na hulle te kyk nie? |