Jeremiah 13:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die stede van die suide sal toegesluit word, en niemand sal dit oopmaak nie; Juda sal alles in ballingskap weggevoer word, dit sal heeltemal in ballingskap weggevoer word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die dorpe in die Negev sal hulle poorte sluit, en niemand sal dit kan oopsluit nie. En die mense van Juda sal as ballinge weggevoer word. Almal van hulle sal in ballingskap gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die stede van die Suidland is toegesluit, en niemand maak oop nie; Juda is in ballingskap weggevoer gans en al, weggevoer volkome! |
| Afrikaans 1983 | Die stede in die Suidland is beleër, niemand kan hulle ontset nie; die hele Juda word in ballingskap weggevoer, hulle moet almal weg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die dorpe van die Negev is oorgelewer, en niemand kan hulle bevry nie; Juda in sy geheel is weggevoer in ballingskap – volledig weggevoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande is rondom die stede van die Suid-land, niemand kan die mense laat uitkom nie. Die vyande het al die mense van Juda gevang en almal weggevat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van die stede in die Negev is reeds deur die vyand vasgekeer. Niemand sal hulle meer kan help ontsnap nie. Die mense van Juda sal as gevangenes weggevat word uit hulle land na ander lande toe. |