Jeremiah 13:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê vir die koning en die koningin: Verneder julle, gaan sit, want julle owerhede sal neerdaal, die kroon van julle heerlikheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir die koning en sy ma: “Gaan sit baie laag, in die stof, want julle pragtige kroon sal van julle koppe weggeneem word.”
Afrikaans 1933/1953 Sê aan die koning en aan die gebiedster: Gaan baie laag sit, want julle hoofsieraad, julle sierlike kroon, het geval.
Afrikaans 1983 Sê vir die koning en vir die koninginmoeder: Klim van die troon af, want julle sal nie meer julle sierlike krone dra nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sê vir die koning en die koninginmoeder: “Gaan sit op die grond, want julle sierlike krone het van julle koppe afgekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand moet vir die koning en sy ma sê hulle moet afklim van hulle trone en op die grond gaan sit, want hulle sal nie meer mooi krone op hulle koppe dra nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir my gesê: “Sê vir die koning en die koningin-moeder: Klim van julle troon af, want julle sal nie langer die kroon dra wat wys dat julle regeer nie.