Jeremiah 13:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as julle dit nie hoor nie, sal my siel in skuilplekke huil oor julle trots; en my oog sal bitterlik ween en met trane afloop, omdat die kudde van die HERE as gevangenes weggevoer is.
Afrikaans (NLV) 2011 En as julle aanhou om ongehoorsaam te wees, sal ek eenkant staan en huil omdat julle so verwaand is. Ek sal bitterlik huil omdat hulle die kudde van die Here in ballingskap wegneem.
Afrikaans 1933/1953 Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en afloop in trane, omdat die kudde van die HERE as gevangenes weggevoer is.
Afrikaans 1983 Maar as julle nie luister nie, sal Ek in stilte huil oor julle hoogmoed, Ek sal huil en huil, trane stort omdat my kudde as ballinge weggevoer word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as julle nie hierna luister nie, sal ek in geheime plekke uit my hart huil oor julle hoogmoed. My oë sal bitterlik ween, en wegvloei in trane, omdat die kudde van die Here gevange geneem sal word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle hoogmoedig is en nie luister nie, dan sal ek alleen gaan staan en aanhou huil. Baie trane sal uit my oë kom omdat vyande die volk van die Here gevang en weggevat het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as julle aanhou ongehoorsaam bly, sal ek eenkant gaan staan en huil oor julle so verwaand is. Ek sal bitterlik oor julle huil. Julle is nou wel die Here se volk, maar julle sal uit julle eie land na ander lande weggevat word.