Jeremiah 13:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom moet jy hierdie woord aan hulle spreek; So sê die HERE, die God van Israel: Elke fles sal vol wyn word, en hulle sal vir jou sê: Weet ons nie seker dat elke fles vol wyn gevul sal word nie?
Afrikaans (NLV) 2011 “Praat met hulle en gee vir hulle hierdie boodskap. ‘Die Here, die God van Israel sê: Al die wynkruike sal vol wyn gemaak word.’ En hulle sal antwoord: ‘Natuurlik, jy hoef ons nie eens te vertel hoe voorspoedig ons gaan wees nie!’
Afrikaans 1933/1953 Sê verder aan hulle hierdie woord: So spreek die HERE, die God van Israel: Elke kan word vol wyn gemaak. Dan sal hulle vir jou sê: Weet ons dit dan nie dat elke kan vol wyn gemaak word nie?
Afrikaans 1983 Sê vir hulle dit: So sê die Here die God van Israel: Elke kan moet vol wyn gemaak word. Dan sal hulle vir jou sê: “Weet ons dan nie dat elke kan vol wyn gemaak moet word nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Sê dan vir hulle hierdie woorde, ‘So sê die Here, die God van Israel: “Elke kruik moet met wyn gevul word.” ’ Hulle sal vir jou sê, ‘Weet ons dan nie baie goed dat elke kruik met wyn gevul moet word nie?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet nou vir hulle sê: Die Here, die God van Israel, sê elke wynkruik moet vol wyn wees. Hulle sal vir jou sê hulle weet dat elke wynkruik vol wyn moet wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Praat met hulle en gee hulle hierdie boodskap. Die Here, die God van Israel, sê: ‘Al die wynkruike moet vol wyn gemaak word.’ En hulle sal antwoord: ‘Natuurlik weet ons dat ons al die kruike vol wyn moet maak.’