Jeremiah 13:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want soos die gordel aan die lendene van 'n mens kleef, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat bind, spreek die HERE; sodat hulle vir My kan wees tot 'n volk en tot 'n naam en tot 'n lof en 'n eer, maar hulle het nie geluister nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos hierdie linnegordel om ’n mens se heupe span, so wou Ek gehad het moes Juda en Israel aan My gebind wees,” sê die Here. “My wens was dat hulle my volk sou wees, my roem en my heerlikheid, ’n eer vir My. Maar hulle wou nie gehoorsaam wees nie.
Afrikaans 1933/1953 Want soos die gord kleef aan die heupe van 'n man, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat klewe, spreek die HERE, om vir My te wees 'n volk en 'n roem en 'n lof en 'n sieraad; maar hulle het nie geluister nie.
Afrikaans 1983 Soos 'n gordel stewig vas is om die lyf van 'n man, so het Ek al die mense van Israel en Juda aan My vasgemaak, sê die Here. Hulle moes my volk wees, hulle moes lewe tot my roem en eer en 'n sieraad vir My wees, maar hulle het nie geluister nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, soos die lendedoek om die heupe van 'n man vassit, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat vassit,’ is die uitspraak van die Here, ‘om vir My 'n volk te wees, 'n roem, 'n lof en 'n sieraad. Maar hulle het nie geluister nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens maak 'n linne-skort vas om sy heupe. Net so het Ek die hele volk Israel en die hele volk Juda aan My vasgemaak. Ek wou hê hulle moes my volk wees en Ek wou trots wees op hulle, maar hulle was ongehoorsaam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos hierdie linnelap om ’n mens se heupe span, so wou Ek gehad het dat Juda en Israel aan My gebind moes wees. My wens was dat hulle my volk moes wees. Hulle moes so lewe dat mense aan My eer bring en mooi dinge van My sê. Dit moes vir My ’n eer gewees het om aan hulle verbind te wees. Maar hulle was ongehoorsaam.”