Jeremiah 13:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdie bose volk wat weier om na my woorde te luister, wat in die verbeelding van hulle hart wandel en agter ander gode aan loop om hulle te dien en te aanbid, sal word soos hierdie gordel wat verniet is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie slegte volk sal nes hierdie linnegordel word. Hulle is niks werd nie! Hulle weier mos om na My te luister. Hulle is hardkoppig en doen net wat hulle wil. Hulle dien ander gode.
Afrikaans 1933/1953 Hierdie goddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien en hul daarvoor neer te buig -- hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos is.
Afrikaans 1983 Hierdie slegte volk wat weier om na my woord te luister, wat hulle eie harde koppe volg en agter ander gode aanloop en hulle dien en vereer, sal net so nutteloos word soos hierdie gordel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie slegte volk, wat weier om na my woorde te luister, wat volhard in die verstoktheid van hulle harte, en agter ander gode aanloop om hulle te dien en voor hulle in aanbidding te buig, sal word soos hierdie lendedoek wat vir niks meer deug nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie slegte volk wil nie gehoorsaam wees aan My nie, hulle is hardkoppig, hulle doen net wat hulle wil, hulle dien ander gode en buig voor die gode. Hulle het geword soos hierdie linne-skort wat 'n mens nie kan gebruik nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie slegte volk sal net so nutteloos word soos hierdie stuk lap. ’n Mens kan dit nie meer gebruik nie. Dit sal gebeur omdat hulle weier om na My te luister. Hulle is baie hardkoppig en doen net wat hulle wil. Hulle vereer en dien ander gode.