Jeremiah 12:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My erfdeel is vir my soos 'n gespikkelde voël, die voëls rondom is teen hom; kom, versamel al die diere van die veld, kom om te eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volk wat Ek vir My gekies het, het só afstootlik vir My geword soos ’n aasvoël. En nou is húlle omring deur ander aasvoëls! Laat al die roofdiere kom sodat hulle hulle karkasse kan skoonvreet!
Afrikaans 1933/1953 Is my erfenis dan vir My 'n bont roofvoël? Is daar roofvoëls rondom teen hom? Kom, maak al die wilde diere van die veld bymekaar, laat hulle kom om te eet.
Afrikaans 1983 My eie volk is soos 'n hiëna teenoor My, met 'n klomp roofvoëls rondom; gaan maak al die roofdiere bymekaar, laat hulle kom vreet!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My persoonlike eiendom is 'n boerplek van hiënas, omring deur roofvoëls! Gaan maak al die wilde diere bymekaar, laat hulle kom om te verslind!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volk wat aan My behoort, is soos 'n dooie dier, 'n hiëna vreet daaraan terwyl die aasvoëls wag. Kom, maak al die wilde diere bymekaar sodat hulle ook kan kom vreet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Israel was my volk wat Ek gekies het. My volk is soos ’n voël wat deur ander roofvoëls omring is. Hulle val hulle prooi van alle kante af aan. Israel se vyande is soos roofdiere wat die karkas kom skoon vreet. Hulle sal op my mense toesak soos hierdie roofdiere.