Jeremiah 12:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het my huis verlaat, ek het my erfdeel verlaat; Ek het die geliefde van my siel in die hand van haar vyande gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het my volk prysgegee, hulle wat my eiendom is. Ek het hulle wat Ek liefhet aan hulle vyande oorgegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het my huis verlaat, Ek het my erfenis verwerp, Ek het die beminde van my siel in die hand van haar vyande gegee. |
| Afrikaans 1983 | Ek het my volk verlaat, hulle wat aan My behoort, prysgegee, die volk wat Ek liefhet, oorgegee in die mag van sy vyande. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek het my huis verlaat; Ek het my eiendom prysgegee; Ek het my sielsbeminde oorgegee in die greep van haar vyande. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Ek het ook weggegaan van my huis, Ek het gesê dit behoort aan My, maar ek wil dit nie meer hê nie. Ek is lief vir die volk, maar Ek het hulle vir hulle vyande gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Ek het my volk aan hulle eie genade oorgelaat. Hulle was baie spesiaal vir My. Maar al het Ek hulle liefgehad, het Ek hulle aan hulle vyande oorgegee. |