Jeremiah 12:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ook jou broers en die huis van jou vader, hulle het troueloos teen jou gehandel; ja, hulle het 'n menigte agter jou geroep; glo hulle nie, al spreek hulle mooi woorde met jou.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou broers, jou naby familie het jou verraai. Hulle is daarop uit om jou kwaad aan te doen. Moenie hulle vertrou nie, selfs nie as hulle vriendelik met jou praat nie.
Afrikaans 1933/1953 Want ook jou broers en die huis van jou vader, ook hulle het troueloos teen jou gehandel; ook hulle roep jou hardop agterna. Glo hulle nie as hulle vriendelik met jou spreek nie.
Afrikaans 1983 Jou broers en jou familie, selfs hulle het jou verraai, hulle het ander teen jou gewaarsku. Moet hulle nie vertrou as hulle vriendelik met jou praat nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want ook jou stamgenote, jou eie familie, ook hulle het verraderlik teen jou opgetree; ook hulle roep hardop agter jou aan. Moet hulle nie glo wanneer hulle vriendelik met jou praat nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou broers, jou eie familie, verraai jou ook en hulle sê ander mense moenie na jou luister nie. Wanneer jou familie vriendelik praat met jou, dan moet jy hulle nie glo nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs jou broers, wat jou naby familie is, het jou verraai. Hulle is daarop uit om jou kwaad aan te doen. Moenie hulle enigsins vertrou nie, selfs nie as hulle vriendelike praatjies met jou maak nie.”