Jeremiah 12:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jy met die voetgangers gehardloop het, en hulle het jou vermoei, hoe kan jy dan met perde stry? en as hulle jou vermoei het in die land van vrede waarop jy vertrou het, hoe sal jy dan doen met die opwelling van die Jordaan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jy moeg raak om teen mense te hardloop, hoe sal jy ooit teen perde kan meeding? As jy struikel en val in ’n land waar dit veilig is, wat sal jy doen in die digte bosse by die Jordaan? |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? En in 'n land van vrede voel jy jou veilig: hoe sal jy dan maak in die pronkbosse van die Jordaan? |
| Afrikaans 1983 | As voetsoldate jou moeg hardloop, hoe sal jy teen perde kan hardloop? En as jy net in 'n vreedsame land veilig voel, hoe sal jy maak in die digte bos aan die Jordaan? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “As jy saam met mense te voet hardloop, en hulle maak jou moeg, hoe sal jy dan met perde meeding? In 'n veilige gebied is jy vol selfvertroue; maar hoe sal jy vaar in die trots van die Jordaan? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my gesê: “Jeremia, jy word moeg wanneer jy resies moet hardloop teen mense. Hoe sal dit met jou gaan wanneer jy teen perde moet hardloop? Jy is nie bekommerd in 'n land waar daar vrede is nie. Maar wat sal jy maak tussen die baie bome langs die Jordaan-rivier? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die Here my geantwoord: “Jeremia, jy sal nog moeiliker dinge deurmaak. As jy moeg word wanneer jy resies hardloop teen mense, hoe sal jy ooit teen perde kan kompeteer? As jy struikel en val in ’n land waar daar eintlik niks in jou pad is nie, wat sal jy doen as jy in die digte bosse by die Jordaan beland? |