Jeremiah 12:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe lank sal die land treur en die plante van elke veld verdor oor die boosheid van die bewoners? die diere is verteer en die voëls; want hulle het gesê: Hy sal ons laaste einde nie sien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe lank moet hierdie land nog treur? Selfs die grasvelde het verdroog. Die diere en die voëls het ook verdwyn weens die sonde van die inwoners van die land. En tog sê hulle: “Die Here gaan niks doen nie!”
Afrikaans 1933/1953 Hoe lank sal die land treur en die plante van die hele veld verdor? Vanweë die boosheid van die wat daarin woon, vergaan diere en voëls; omdat hulle sê: Hy sal ons einde nie sien nie!
Afrikaans 1983 Hoe lank moet die land droog lê, moet al die plante van die veld verdor? Die diere en die voëls vergaan oor die boosheid van die inwoners van die land wat sê: “Jeremia sal nie langer leef as ons nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe lank sal die land bly verdor, die plante van die hele veld verdroog? Vanweë die boosheid van hulle wat daarin woon, kwyn die diere en voëls weg. Hulle sê immers: “Hy sal ons einde nie sien nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoe lank sal die land nog treur? Hoe lank sal al die gras in die veld nog droog wees? Die diere en die voëls treur omdat die mense van die land so sleg is. Die mense het gesê: “Jeremia sal dood wees voordat ons dood is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe lank moet hierdie land nog in so ’n droewige toestand bly? Selfs die gras op elke stukkie veld het verdroog. Die diere en die voëls het ook verdwyn. En wat is die oorsaak van alles? Die verkeerde dinge wat die mense van die land doen. En tog sê hulle: “Die Here sal niks daaromtrent doen nie!”