Jeremiah 12:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar U, HERE, ken my; U het my gesien en my hart aangaande U beproef; trek hulle uit soos slagskape, en berei hulle voor vir die dag van slag.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar U ken my, Here. U sien my net soos ek is. U toets my ingesteldheid teenoor U. Sleep hierdie mense weg, net soos slagskape! Pas hulle op vir die slagtyd!
Afrikaans 1933/1953 Maar U, o HERE, ken my; U sien my en toets my hart by U. Ruk hulle weg soos slagskape, en heilig hulle vir die dag van slagting.
Afrikaans 1983 U ken my, Here, U sien my en toets my gesindheid teenoor U. Bring hulle om die lewe soos skape by die slagplek, sonder hulle af vir die slagting wat kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar U, Here, U ken my; U sien my en U toets of my hart by U is. Vat hulle weg soos kleinvee wat vir slag bestem is; sonder hulle af vir die dag van slagting.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U ken my, U weet wat ek doen en hoe ek oor U dink. U moet my vyande straf, U moet hulle doodmaak soos 'n mens slagskape doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar U ken my, Here. U sien my net soos ek is en U weet presies wat ek dink. Sleep hierdie mense weg soos ’n mens met skape sou maak wat geslag gaan word. Hou ’n oog oor hulle totdat dit tyd is om hulle te slag.