Jeremiah 12:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hulle die weë van my volk ywerig sal leer, om by my Naam te sweer: So waar as die HERE leef! soos hulle my volk geleer het om by Baäl te sweer; dan sal hulle in die midde van my volk gebou word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie volke kan saam met my volk kom bly in die land wat Ek vir hulle gegee het. Maar Ek verwag van hulle om die gewoontes van my volk aan te leer. Verder moet hulle ook leer om ’n eed te sweer deur te sê: ‘So waar as die Here lewe.’ Vroeër het hulle my volk geleer om Baäl se naam te gebruik as hulle sweer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hulle ywerig die weë van my volk leer om te sweer by my Naam: So waar as die HERE leef, soos hulle my volk geleer het om te sweer by Baäl -- dan sal hulle onder my volk gebou word. |
| Afrikaans 1983 | En as die buurvolke die gebruik van my volk aanleer om in my Naam 'n eed af te lê met die woorde: “So seker as die Here leef!” net soos hulle my volk geleer het om in die naam van Baäl 'n eed af te lê, sal hulle 'n plek kry onder my volk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die ander volke die paaie van my volk goed leer ken, deur 'n eed af te lê in my Naam met die woorde, ‘So waar as die Here leef’ – soos hulle my volk geleer het om by Baäl te sweer – sal hulle in die midde van my volk gevestig word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir my volk geleer om Baäl te dien, maar, so seker soos Ek lewe, as hulle leer om My te dien soos my volk My dien, dan sal hulle ook my volk word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie volke kan saam met my volk kom bly in die land wat Ek vir hulle gegee het. Maar daar is voorwaardes wat hulle moet nakom. Daar word van hulle verwag om so vinnig moontlik al die gewoontes en gebruike van my volk aan te leer. Verder moet hulle ook leer dat as hulle ’n plegtige belofte maak, hulle moet sê: ‘so waar as die Here leef.’ Hulle moet dit doen om te bevestig dat hulle die waarheid praat. Vroeër het hulle my volk geleer om Baäl se naam te gebruik as hulle sweer. |