Jeremiah 12:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur, nadat Ek hulle uitgeruk het, sal Ek terugkeer en My oor hulle ontferm en hulle terugbring, elkeen na sy erfdeel en elkeen na sy land.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar nadat Ek al hierdie volke uit hulle lande weggeneem het, sal Ek hulle weer jammer kry. Ek sal elke volk na sy eie land, waar sy eiendom is, laat terugkom.
Afrikaans 1933/1953 Maar nadat Ek hulle uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm; en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy erfenis en elkeen na sy land.
Afrikaans 1983 en nadat Ek die Judeërs uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm, en Ek sal elkeen laat terugkom na sy besittings en sy land toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar nadat Ek hulle uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm en hulle laat terugkeer, elkeen na sy eiendom, en elkeen na sy grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar nadat Ek hulle weggevat het, sal Ek jammer wees vir hulle en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy eie grond en sy eie land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As Ek al hierdie volke uit hulle lande laat wegvat het, sal Ek hulle weer jammer kry. Ek sal elke volk na sy eie land toe laat terugkom waar al die goed is wat hulle besit.