Jeremiah 12:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE oor al my bose bure wat die erfdeel aanraak wat Ek my volk Israel laat erf het; Kyk, Ek sal hulle uit hulle land uitruk en die huis van Juda uit hulle midde uitruk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “Wat die buurvolke betref, hulle is sleg. Hulle probeer die erfenis wat Ek vir my volk Israel gegee het, in die hande kry. Ek sal hierdie buurvolke uit hulle lande wegvat. Ek sal Juda uit hulle mag red.
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE: Aangaande al my goddelose bure wat die erfenis aantas wat Ek my volk Israel laat erf het -- kyk, Ek ruk hulle uit hul land uit, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde wegruk.
Afrikaans 1983 So sê Ek, die Here, oor al die slegte buurvolke wat hulle vergryp het aan die eiendom wat Ek aan my volk Israel gegee het: Ek sal hulle uitruk uit hulle grondgebied, maar Ek sal die Judeërs tussen húlle uitruk,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here: “Wat al die slegte buurvolke betref, hulle wat skade aanrig aan die eiendom wat Ek aan my volk Israel as erfenis gegee het, kyk, Ek gaan hulle uit hulle grondgebied uitruk, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde uitruk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Ek praat oor die ander volke rondom my volk. Hulle het die grond gevat wat Ek vir my volk Israel gegee het. Nou sal Ek hulle wegvat uit hulle lande, en Ek sal die mense van Juda wegvat wat by hulle is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het gesê: “Die buurvolke is sleg. Hulle is gulsig en probeer die land wat Ek vir my volk Israel gegee het, in die hande kry. Ek sal sorg dat ander volke hierdie buurvolke uit hulle lande wegvat. Maar Juda sal Ek uit hulle mag red.