Jeremiah 12:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het koring gesaai, maar hulle oes dorings; hulle het pyn gely, maar hulle het geen voordeel nie; en hulle sal beskaamd staan oor julle inkomste vanweë die gloed van die toorn van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het koring gesaai, maar sal dorings oes. Hulle moeite was tevergeefs. Staan dan maar beskaam, sonder oes, want die gloeiende woede van die Here het julle getref.”
Afrikaans 1933/1953 Hulle het koring gesaai, maar dorings gemaai; hulle het hul uitgeput sonder om baat te vind. Staan dan beskaamd oor julle inkomste, vanweë die toorngloed van die HERE.
Afrikaans 1983 My volk het koring gesaai maar dorings geoes, hulle moeite was tevergeefs. Hulle staan verslae, sonder oes, want die gloeiende toorn van die Here het hulle getref.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het koring gesaai, maar dorings geoes; hulle het hulleself uitgeput, maar niks daarby gebaat nie. Staan beskaamd oor julle opbrengs, vanweë die brandende toorn van die Here!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Juda en Jerusalem het koring gesaai, maar hulle het dorings gekry. Hulle het gewerk totdat hulle moeg was, maar hulle het niks gekry nie. Hulle het niks, want die Here is kwaad vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volk het koring gesaai, maar daar sal net dorings wees om te oes. Van al hulle harde werk sal daar niks kom nie. Wanneer hulle die oes bymekaar begin maak, sal hulle verleë staan. Die oes sal ’n mislukking wees omdat Ek, die Here, vir hulle kwaad is.”