Jeremiah 12:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Baie herders het my wingerd verwoes, hulle het my deel vertrap, hulle het my lieflike deel 'n woeste woestyn gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baie herders het my wingerd verniel, en my druiwe vertrap. Hulle het my vrugbare grond ’n verlate woesteny gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Baie herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land 'n woeste wildernis gemaak, |
| Afrikaans 1983 | Die baie regeerders het my wingerd verniel, my lande vertrap, my pragtige land 'n verlate woestyn gemaak, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Talle herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk grond vertrap. Hulle het my kosbare stuk grond 'n verlate woestyn gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baie konings het my mooi land verwoes, niemand woon nou daar nie. Hulle was soos skaapwagters wat hulle skape injaag in 'n wingerd om alles plat te trap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baie vyandige konings het my volk se land vertrap. Hulle is soos herders van skape wat ’n wingerd erg beskadig. Hulle vertrap die landerye soos hulle deur trek. Hulle beskadig die landerye so erg dat van die vrugbaarste grond soos ’n verlate wildernis lyk as hulle daarmee klaar is. |