Jeremiah 12:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Regtig is U, o HERE, as ek met U pleit; laat my tog met U oor u oordele spreek: waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? waarom is hulle almal bly wat baie verraderlik handel? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, U behandel my altyd regverdig as ek ’n klagte na U toe bring. Maar nou wil ek my saak stel: Hoekom gaan dit goed met slegte mense? En hoekom is oneerlike mense so gelukkig? |
| Afrikaans 1933/1953 | Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe? |
| Afrikaans 1983 | Ek sal my saak vir U stel, want U is regverdig, Here. Ek sal punt vir punt my saak voor U lê: Waarom is die goddelose mense voorspoedig en het die ontrou mense geen sorge nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het die reg aan u kant, Here, as ek met U 'n regstryd sou voer; tog wil ek oor regsake met U praat: Waarom is die pad van goddeloses voorspoedig, waarom leef almal wat verraderlik optree, rustig? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, wanneer ek by U kla oor wat U doen, dan is U altyd reg en U doen altyd wat reg is, maar nou wil ek vra: Hoekom gaan dit goed met mense wat verkeerd doen en wat ontrou is aan U? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U behandel my altyd regverdig as ek my saak aan U verduidelik. Maar nou het ek ’n paar vrae wat ek wil vra: Hoekom gaan dit so goed met slegte mense? Hoekom leef oneerlike mense asof niks hulle kan pla nie? |